Description
Can’t decide between plums, apricots? Neither can we. So we pack both into one 6kg box: 3kg EACH, picked on our family farm in Schoemanshoek, at the foot of the Swartberg Mountains outside Oudtshoorn.
Why a mixed box?
It is the easiest way to taste the whole early-summer stone fruit season in one go. It suits families who want variety in the lunchboxes, anyone building a fruit platter or cheese board, and cooks who like to bake or bottle with more than one fruit.
Ways to enjoy it
- Straight from the box: lunchboxes, afternoon snacks and summer fruit salads.
- On the braai: halve the peaches and caramelise them on the coals, served with vanilla ice cream or mascarpone.
- In the kitchen: plum and apricot crumbles, peach tarts, clafoutis and chunky homemade jam.
- On a platter: sliced plums and apricots next to cheese and charcuterie.
From our farm to your kitchen table
Theo and the team hand-pick the fruit at Vogelsang Boerdery, a working family farm in the Klein Karoo. It is graded and packed at our own packing facility, which is Global GAP, LEAF and SIZA certified. The fruit is sun-ripened in the Schoemanshoek orchards and picked when it is ready.
Pickup only, no courier
This box is for farm pickup or one of our pickup spots in Oudtshoorn and George only. We do not courier it, so the fruit reaches you fresh. Choose your pickup slot at checkout. Orders must be placed at least 24 hours before your pickup. Questions? Contact us or WhatsApp us on +27 76 819 0305.
Storage tip
Leave the fruit on the counter until it gives slightly under gentle pressure and smells fragrant. Then move it to the fridge to keep it crisp for several days. Plums and apricots ripen at different speeds, so check each fruit every day.
Box summary
- Pack: one 6kg mixed box
- Price: R100 per box
- Grown in: Schoemanshoek, Oudtshoorn, Klein Karoo
- Collection: farm pickup or pickup spots only
🍑 Só sorg jy vir jou vars vrugteboks!
Vars vrugte is iets besonders, maar hulle vra soms ’n bietjie ekstra liefde en aandag. Hier is ’n paar wenke om die beste uit jou Bogelsang-vrugteboks te kry:
1. Verwag egte vrugte, nie perfekte vrugte nie.
Ons werk met Klas 2-vrugte. Dit beteken die vrugte is dalk nie 100% perfek in voorkoms nie, en hier en daar kan daar merke, kneusplekke of skade wees. Dit is normaal om ongeveer 2–8 vrugte, of tot 10% van jou 6 kg-boks, te verloor weens natuurlike beskadiging. Onthou, mooi vrugte is nie altyd foutlose vrugte nie! ❤️
2. Verkoel dadelik waar nodig.
Sodra jou boks arriveer, gee dit ’n bietjie aandag. Ryp vrugte en hitte is nie maats nie. Vrugte wat in ’n warm motor of op die kombuistoonbank lê, kan vinnig pap raak.
Haal daarom dadelik jou ryp vrugte uit die boks. Gaan dit deur, draai enige kneus- of beskadigde plekkies na bo en bêre dit in die yskas.
In hierdie boks is dit veral jou Transvalia-perskes en African Rose-pruime wat reeds ryp is. Hulle behoort nog minstens 3 dae goed in die yskas te hou.
3. Gee die res kans om ryp te word.
Jou Imperial-appelkose en Ruby Dawn-interspesifieke pruime kan nog 3–5 dae op die kombuiskas staan om natuurlik verder ryp te word. Hou hulle dop en skuif hulle yskas toe sodra hulle die regte rypheid bereik.
4. Moenie onnodig was nie.
Jy hoef nie jou vrugte dadelik af te spoel nie. Ons vrugte gaan deur streng toetse om seker te maak dat dit aan ons vereistes voldoen en geen ongewenste residue bevat nie. Spoel dit gerus af net voor jy dit geniet.
5. En daardie ekstra ryp vrugte? Moet dit beslis nie weggooi nie!
Ryper vrugte is steeds heerlik en perfek bruikbaar. Dink aan tuisgemaakte konfyt, vars cordials, smoothies of selfs jou eie vrugterolle. Soms is die rypste vrugte juis die lekkerste vir iets besonders!
Van ons plaas tot op jou tafel!
Ons glo in regte, seisoenale vrugte – met al hul natuurlike karakter, kleure en soms ook ’n paar skoonheidsmerke. Gee hulle ’n bietjie liefde, bêre hulle reg en geniet elke happie.
Dankie dat jy saam met ons die lekkerte van plaasvars vrugte vier! 🍑